| onderskrif =
| geboortenaam = Annelie Basson
| geboortedatum = [[28 Junie]] [[1957]]
| geboorteplek = [[Uniondale]], [[Wes-Kaap]]
| dood_datum = {{SDEO|28|6|1957|12|12|2024}}
| sterfteplek =
| ouers =
}}
'''Annelie Botes''' (gebore 'as ''Annelie Basson'''; 28 Junie, 1957 - 12 Desember 2024) is ’n [[Afrikaans]]e roman-, kortverhaal- en rubriekskryfster. Sy skryf vanaf haar agtiende jaar. Haar skryfwerk word deur die behandeling van moeilike, maar menslike temas, gekenmerk. Sy skryf onder meer oor dobbelverslawing (in ''Trippel sewe''), outisme (in ''Raaiselkind'') en bloedskande (in ''Thula-Thula'').<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
Sy wen die [[ATKV-Prosaprys]] vir gewilde prosa vir ''Klawervier'' in 1998. In 2010 bars 'n storm oor Botes se kop los wanneer sy in 'n [[Rapport]]-onderhoud erken dat sy 'nie van swartmense hou nie'. Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning (SALA) is aan haar toegeken vir ''Thula-Thula'', maar later as gevolg hiervan teruggetrek.
=== Vroeë lewe en opleiding ===
Annelie Basson is in [[28 Junie]] [[1957]] op die plaas Grootfontein in die [[Kamanassieberge]] naby [[Uniondale]] gebore<ref name=":0">Exclusive Books: http://blog.exclus1ves.co.za/n-onderhoud-met-annelie-botes/</ref> as die vierde van vyf kinders en die jongste van die twee dogters. Haar ouers is Daniel Johannes BassonDick en AnnaAnn Elizabeth ClaassenBasson en sy is nog klein toe haar ouer suster aan [[witseerkeel]] oorlede is. Sy word groot en gaan skool in die Uniondale distrik, naby die [[Kammanassieberge]], waar sy aan die Hoërskool Uniondale matrikuleer. Tydens haar matriekjaar is beide haar ouers oorlede, enkele maande na mekaar.
Op negentienjarige ouderdom word sy swanger en sy is dan ook op Uniondale getroud met haar skoolliefde Christiaan RudolphChris Botes wat by [[Telkom]] as kursusontwerper werk. Hulle het ’n seun (Rudolph) en ’n dogter (Natasja). Op Uniondale raak sy goed bevriend met [[Dalene Matthee]], destyds daar as vrou van die bankbestuurder, by wie sy reeds as skoolkind kitaarlesse neem. Haar Unisa Graad 8 eksamens slaag sy reeds wanneer sy in standerd nege is. Sy woon op die dorp tot [[1982]] en vestig haar daarna vir sestien jaar op [[Bedford, Oos-Kaap|Bedford]] in die [[Oos-Kaap]]. In [[1986]] behaal sy ’n onderwyslisensiaat in klavier aan die [[Universiteit van Suid-Afrika]] en sy gee geruime tyd private klavierlesse, terwyl sy ook kerkorreliste is. Sy kan ook kitaar en blokfluit speel. Vir ''[[Volksblad]]'' behartig sy gereeld die ''Goeie Môre''-rubriek, terwyl sy vir ''[[Die Burger]]'' die ''Van alle kante''-rubriek skryf.<ref>NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/1599 {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160817214701/http://nb.co.za/Authors/1599 |date=17 Augustus 2016 }}</ref> Sy is ook ’n gewilde gasspreker wat gereeld by leeskringe en ander geleenthede optree.<ref name=":0" />
=== Dobbelverslawing ===
|