Verskil tussen weergawes van "Amptelike taal"

 
==Amptelike tale van Suid-Afrika==
Behalwe [[Afrikaans]] het [[Suid-Afrika]] nog tien amptelike tale. Een daarvan, [[Engels]], wen egter ál hoe meer veld omdat dit 'n magtige wêreldtaal is. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) is 'n regeringsliggaam wat in [[1995]] ingestel is met die opdrag om 'n gunstige omgewing te skep vir die ontwikkeling en gebruik van alle amptelike tale. Pansat bevorder dus elke individu se reg om sy of haar taal op alle gebiede van die samelewing te kan gebruik en koester ook die waarde van elke [[taal]] as 'n hulpbron vir die land. Só kan die oorheersing van een taal oor 'n ander voorkom word. Afrikaans met sy vele sprekers kan binne hierdie veeltalige opset voortleef, gebruik word en as kosbare hulpbron ontwikkel word. Die elf amptelike tale van Suid-Afrika is Afrikaans, Engels, [[Suid-Ndebele|Ndebele]], [[Xhosa]], [[Zoeloe]], [[Noord-Sotho]], [[Suid-Sotho]], [[Tswana]], [[Swazi]], [[Venda]], en [[Tsonga]].
 
[[Kategorie:Taal]]
95 042

wysigings