Verskil tussen weergawes van "Hoërskool Jan van Riebeeck"

geen wysigingsopsomming nie
In die jare 90 het die leerdertal op ongeveer 500 gestabiliseer, maar in [[2006]] tot meer as 580 aangegroei en in [[2010]] tot 603<ref>[http://wcedemis.pgwc.gov.za/wced/findaschool.html Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se Find-A-School]</ref> danksy busvervoer na veral die suidelike en noordwestelike voorstede, soos [[Bloubergstrand]], [[Table View]] en [[Melkbosstrand]]. In 2011 het dit weer gedaal tot 570 en in 2013 tot 494. Die verengelsing van die Hoërskole [[Hoërskool Groote Schuur|Groote Schuur]], [[Hoërskool Zwaanswyk|Zwaanswyk]] en [[Hoërskool Voortrekker, Kenilworth|Voortrekker]] het ook in 'n mate tot Jan van Riebeeck se groei bygedra omdat baie leerders wat tradisioneel dié skole sou bywoon, nou na Jan van Riebeeck kom danksy 'n busdiens wat elke dag leerders voor elk van die hoërskole se voederskole op- en aflaai. Van [[Laerskool Simon van der Stel]] kom byvoorbeeld daagliks sowat 60 leerders. Van die 603 leerders was 142 egter in gr. 12 en net 112 in gr.8.
 
Middel 2014 was daar 505 leerders in die skool van wie 107 in gr. 12 was en 97 in gr. 8. Die opening in Januarie 2012<ref>[http://www.melkboshigh.co.za/About-MHS/ Inligting oor Hoërskool Melkbos op sy webtuiste].</ref> enkele jare vantevore van die tweetalige Hoërskool Melkbos, wat sy eerste gr. 12-klas in 2015 sou hê nadat grade geleidelik ingevoer is, het Jan van Riebeeck heelwat leerders gekos.
 
Kenmerkend van die skool se leerderkorps, is dat slegs 'n geringe persentasie van die leerders uit die skool se voedingsgebied kom en die oorgrote meerderheid in die koshuise tuisgaan of per bus na en van die skool vervoer word.
84 927

wysigings