Verskil tussen weergawes van "Lokomotief"

20 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
+ skakel
(Verbeter)
k (+ skakel)
'n '''Lokomotief''' is 'n spoorgebonde, selfaangedrewe voertuig wat gebruik word om passasiers- of vragtreinwaens te trek, terwyl dit self geen kapasiteit het om vraglas of passasiers te vervoer nie. Die naam lokomotief het sy oorsprong in die Nieu-Latynse term ''loco motivus'' ("van 'n plek wegbeweeg") wat vir die eerste keer in die vroeë [[19de eeu]] gebruik is om 'n onderskeiding tussen mobiele en stasionêre [[stoomenjin]]s te maak. 'n Lokomotief en sy waens staan bekend as 'n [[trein]].
 
Lokomotiewe is oorspronklik as [[stoomlokomotief|stoomlokomotiewe]] op die basis van stoomenjins ontwikkel, 'n tegnologie wat vanaf eenvoudige ontwerpe steeds verder verfyn en aangepas en tot in die [[20ste eeu]] gebruik is. Dit is gaandeweg deur diesel- en elektriese lokomotiewe vervang, terwyl in besondere omstandighede ook spesiale voertuie soos elektriese stoomlokomotiewe ontwikkel is.
 
Stoomlokomotiewe is warmte-enjins wat die chemiese energie van hul brandstof (gewoonlik [[steenkool]] - of in enkele gevalle ook [[hout]], koolstof, turf en swaar olie - wat in 'n ketel verbrand word) omskakel om wiele te laat draai. Hiervoor word [[water]] deur 'n vuur in stoom verander wat as werkvloeistof dien om 'n suier heen en weer laat beweeg. 'n Stang, wat met die suier asook die lokomotief se wiele verbonde is, word sodoende in 'n ronddraaiende beweging gesit.
105 461

wysigings