Verskil tussen weergawes van "Herodes Antipas"

24 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
'''Herodes Antipas''' was ''tetrarchos'' van Galilea en Perea van 4 v.C. tot 39 ná.
 
Hy was 'n seun van [[Herodes die Grote]] en toe sy pa sterf in 4 v.C. het keiser [[Augustus Octavianus|Augustus]] besluit om sy gebiede onder sy drie seuns Antipas, Archelaüs en Philippus te verdeel. Archelaüs het Judea gekry, Antipas Galilea en Perea. <ref name="Witmer">''Jesus, the Galilean Exorcist: His Exorcisms in Social and Political Context'', Deel 459 van The Library of New Testament Studies, {{Aut|Amanda Witmer}} , Bloomsbury Publishing, 2012, ISBN 0567427560, ISBN 9780567427564</ref>
 
Daar is min bekend oor hom.<ref name="BASS">{{cite web|url=http://www.biblicalarchaeology.org/daily/people-cultures-in-the-bible/people-in-the-bible/herod-antipas-in-the-bible-and-beyond/|title=''Herod Antipas in the Bible and Beyond'', The ruler of Galilee in Jesus’ time, {{Aut|Biblical Archaeology Society Staff}} • 05/06/2015|language=en}}</ref> Hy het goeie betrekkings met Augustus en Tiberius onderhou en in hierdie tyd het Galilea rus en vrede geken. Daar was twee konflikte, een met Agrippa I en een met Aretas (IV) wat Antipas se oosgrens aangeval het. Tiberius het egter Antipas gesteun en hom in 36/37 selfs gevra om tussen Rome en Partië te bemiddel.<ref name="Witmer"/>