Verskil tussen weergawes van "Napels"

13 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
-verdubbelde woord
(→‎Kulinêr: skakels)
k (-verdubbelde woord)
Napels word ook wel die stad van Parthenope (la città Parthenopea) genoem, wat verwys na die stad se mitiese stigtingsverhaal. Volgens oorlewering, het die Griekse godin van vrugbaarheid Demeter, die nimf Parthenope, verander in 'n sirene (mitiese half-vrou/half-voël) omdat die god van die onderwêreld vir Persephone, die dogter van Demeter en die god [[Zeus]], ontvoer het terwyl Parthenope haar moes oppas. Gedoem tot verblyf in die kaal grotte van die Golf verwerf sy bekendheid deur niksvermoedende seevaarders na hul dood op die rotse van die omringende gebiede te roep. Dit sou hier gewees het waar moedelose seevaarders aan land gekom het as hulle die bloedstollende krete van Parthenope oorleef het! Ten weste van Napels, in Cuma, is na oorlewering die grot van waar Aeneas in die boek van die Romeinse skrywer [[Vergilius]], na 'n konsultasie met die sibille van Cuma (familie van die orakel van Delfi) die onderwêreld van die god Pluto betree. In Mergellina is dan ook 'n graftombe te vind waar Vergilius na bewering begrawe is.
 
Napels is een van die oudste stede in Europa en gestig as 'n kolonie deur die Grieke gedurende hulle uitbreiding vanuit Griekeland na die strategies geleë Italiaanse skiereiland. Die ou stad is gestig deur inwoners van die Griekse kolonie Cumae, in waarskynlik die agste eeu voor [[Christus]]. Daarom word die nuwe stad Νέα Πόλις - Néa Pólis (nuwe stad) genoem. Neapolis was in die tyd een van die belangrikste belangrikste stede in [[Magna Graecia]], die Griekstalige suide van Italië en daarmee een van die kulturele voorlopers van [[antieke Rome]].
 
Napels word in die 4de eeu v.C. min of meer gedwing om 'n bondgenoot van [[Romeinse Republiek|republikeinse Rome]] te word. Gedurende die periode van die [[Romeinse Ryk]] bly Napels 'n belangrike stad, maar word Grieks stadig maar seker verdring deur [[Latyn]], veral deur Latynsprekendes wat in die vele Romeinse kolonies rondom die stad kom woon. Deur die uitbarsting van Vesuvius in die 1ste eeu wat Pompeï verwoes, word ook Napels ernstig beskadig.
12 721

wysigings