Verskil tussen weergawes van "Marshall McLuhan"

k
(+ Inligtingskas)
Herbert Marshall McLuhan is gebore in Edmonton, [[Alberta]], die seun van Elsie Naomi (née Hall) en Herbert Ernest McLuhan, beide gebore in Kanada. Hy word groot in [[Winnipeg]], [[Manitoba]], en gaan skool aan die Kelvin Tegniese skool voordat hy begin studeer aan die universiteit van Manitoba in [[1928]].
 
Na 'n jaar as ingenieurstudent verander hy vakke en verwerf 'n [[BA-graad]] in [[1933]]. Hy verwerf die universiteit se goue medalje vir Geesteswetenskappe en wetenskappe. Hy verwerf 'n MA-graad ([[1934]]) in Engels aan die Universiteit yan Manitoba. Hy wou graag in [[Engeland]] studeer en word aanvaar deur die [[Universiteit van Cambridge]], nadat hy nie daarin kon slag om 'n [[Rhodes-beurs]] na [[Oxford Universiteit]] te kon bekom nie. In [[Maart]] [[1937]] het McLuhan toegetree tot die [[Rooms-Katolieke Kerk]]. McLuhan het sy hele lewe 'n toegewyde katoliek gebly. Hy behaal sy Ph.D. in [[Desember]] [[1943]] aan Cambridge.
 
McLuhan sterf in 1980 aan 'n breinbloeding. Verskillende institute in die wêreld word vernoem na McLuhan, byvoorbeeld die Maastricht McLuhan Institute (MMI), verbonde aan die Universiteit Maastricht.
11 245

wysigings