Verskil tussen weergawes van "Édith Piaf"

4 grepe bygevoeg ,  10 maande gelede
k
k (thumb → duimnael)
Etiket: 2017-bronwysiging
In 1932 het sy Louis Dupont ontmoet en op hom verlief geraak. Ná ’n kort tyd het hy by haar en Mômone ingetrek. Hy het vir haar ander werke probeer kry, maar sy was nie daarvoor te vinde nie totdat sy swanger geraak en vir ’n kort rukkie kranse in ’n fabriek gemaak het.<ref name="Piaf's Paris">{{cite web|title=Piaf's Paris|url=http://www.little-sparrow.co.uk/paris.htm|accessdate=9 Junie 2013}}</ref>
 
In Februarie 1933 het die 17-jarige Piaf die lewe aan haar dogter, Marcelle, geskenk. Nes vir haar ma, was dit vir haar moeilik om vir die kind te sorg, want sy het min moedersinstink, kennis van ouerskap en huishoudelike vaardighede gehad. Sy het gou na die strate teruggekeer tot die somer van 1933, toe sy in [[Juan-les-Pins]], Rue Pigalle, begin sing het.<ref name="Piaf's Paris"/>
 
Ná ’n rusie oor haar gedrag is Piaf en Dupont (Marcelle se pa) uitmekaar. Sy, Mômone en Marcelle het in ’n hotel gewoon en Piaf het Marcelle alleen in die kamer gelos wanneer sy gaan sing het. Dupont het Marcelle eindelik kom haal en sy is op tweejarige ouderdom aan [[meningitis]] dood. Daar word beweer Piaf het met ’n man geslaap om vir die begrafnis te betaal.<ref name="Piaf's Paris"/><ref>{{cite web |title="No Regrets": Discovering Edith Piaf’s epically messy love life|url=http://www.salon.com/2011/03/29/no_regrets_carolyn_burke/|date=28 Maart 2011 |author=Allen, Brooke |website=Salon |accessdate=2 Augustus 2014}}</ref>