Spilopelia
Spilopelia is 'n klein maar wydverspreide genus van voëls in die duiffamilie (Columbidae). Volgens die "IOC World Bird List" bevat die genus twee spesies. Verskeie ander bronne[1] groepeer hierdie spesies saam met die genus Streptopelia, maar die twee taksa kan deur morfologiese en gedragsverskille onderskei word. Die lemoenduif is ongewoon deurdat dit 'n legsel van tot 4 eiers kan lê,[2] terwyl S. chinensis soos die tortels slegs twee lê. Die naam Spilopelia kombineer die Griekse woord spilos, wat "kol" beteken, met peleia, wat "duif" beteken.[3]
Rooiborsduiwe | |
---|---|
Indiese rooiborsduif (S. suratensis) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Spilopelia Sundevall, 1873.
|
Spesies | |
Sien teks |
Spesies
wysigDie genus bevat twee[4] of drie spesies:
- Spilopelia chinensis (Scopoli, 1786) – Chinese rooiborsduif
- Spilopelia suratensis (Gmelin, 1789) – Indiese rooiborsduif
- Spilopelia senegalensis (Linnaeus, 1766) – Lemoenduif
Die Indiese rooiborsduif (S. suratensis) word deur sommige voëlkundiges as 'n volwaardige spesie, eerder as subspesie van S. chinensis beskou.[5][6] Dit is onder meer duidelik gevlek aan die rugkant.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Howard and Moore Complete Checklist of the Birds of the World, 2003
- ↑ Carnaby, Trevor (2008). "Doves". Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. p. 570-572. ISBN 9781770092419.
- ↑ Jobling, James A. (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. Londen: Christopher Helm. p. 362. ISBN 978-1-4081-2501-4.
- ↑ Gill, Frank; Donsker, David; Rasmussen, Pamela, reds. (2020). "Pigeons". IOC World Bird List Version 10.1. International Ornithologists' Union. Besoek op 5 Maart 2020.
- ↑ Baptista, L.F.; Trail, P.W.; Horblit, H.M.; Kirwan, G.M.; Garcia, E.F.J. (2020). del Hoyo, J.; Elliott, A.; Sargatal, J.; Christie, D.A.; de Juana, E. (reds.). "Eastern Spotted Dove (Spilopelia chinensis)". Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions. doi:10.2173/bow.spodov.01. S2CID 216386337. Besoek op 7 Maart 2020.
- ↑ del Hoyo, J.; Collar, N.; Kirwan, G.M.; Garcia, E.F.J. (2020). del Hoyo, J.; Elliott, A.; Sargatal, J.; Christie, D.A.; de Juana, E. (reds.). "Western Spotted Dove (Spilopelia suratensis)". Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions. doi:10.2173/bow.spodov.01. S2CID 216386337. Besoek op 7 Maart 2020. (subskripsie)