Maak hoofkeuseskerm oop

Op die Paassondag van 21 April 2019 ontplof bomme by drie kerke regoor Sri Lanka en by drie luukse hotelle in die land se kommersiële hoofstad, Colombo.[1][2][3][4] Later daardieselfde dag vind kleiner ontploffings by 'n woonkompleks en by 'n gastehuis plaas. Verskeie stede is in die aanvalle geteiken. 258 mense is in die aanvalle om die lewe gebring, waarvan ten minste 46 buitelandse burgers en drie polisielede was. Ten minste 500 mense is beseer.

Die selfmoordbomaanvalle by die drie kerke het plaasgevind tydens Paasdienste in Negombo, Batticaloa, en Colombo; die hotelle in Colombo wat onder selfmoordbomaanvalle deurgeloop het, was die Shangri-La, die Cinnamon Grand, en die Kingsbury.

Volgens regeringsverslae was al sewe van die selfmoordbombaanvallers in die byna gelyktydige aanvalle Sri Lankaanse burgers wat met die Sri Lankaanse militante Islamistiese groep Nasionaal Thowheeth Jama'ath verbind word.

Op 22 April 2019 verklaar die Sri Lankaanse regering 'n noodtoestand en stel 'n aandklokreël in, en kondig aan dat 'n nasionale roudag op 23 April 2019 waargeneem sal word.

VerwysingsWysig

  1. (af) Paassondag-aanval: Nog twee ontploffings; dodetal styg. Maroela Media (21 April 2019). URL besoek op 22 April 2019.
  2. (af) Tientalle dood ná ses bomme amper gelyk ontplof. Maroela Media (21 April 2019). URL besoek op 22 April 2019.
  3. (af) Dodetal styg skerp ná bomontploffings. Maroela Media (21 April 2019). URL besoek op 22 April 2019.
  4. (af) Sewe vas, dodetal styg verder ná bomontploffings. Maroela Media (21 April 2019). URL besoek op 22 April 2019.