Stander (rolprent)
(Aangestuur vanaf Stander)
Stander is 'n biografiese rolprent oor die lewe van kaptein André Stander, 'n Suid-Afrikaanse polisie-offisier wat 'n bankrower geword het. Thomas Jane vertolk die hoofrol, nadat hy dit aanvanklik van die hand gewys het.[1] Die vervaardigers kon eerstehandse inligting by Allan Heyl, een van Stander se medepligtiges wat toe steeds in die tronk was, bekom. Hulle het ook met Cor van Deventer, sy polisie-vennoot, en die bewaarder van Zonderwater-gevangenis, waar hy opgesluit was gesels.[1][2]
Stander | |
---|---|
Regisseur | Bronwen Hughes |
Draaiboek | Draaiboek: Bima Stagg |
Met | Thomas Jane Dexter Fletcher David O'Hara Deborah Kara Ungerer |
Musiek deur | David Holmes |
Kinematografie | Jess Hall |
Redigeerder | Robert Ivison |
Uitgereik | 10 Oktober 2003 |
Speeltyd | 116 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels Afrikaans |
IMDb-profiel |
Akteurs
wysigBekende Suid-Afrikaanse akteurs wat rolle in die rolprent het sluit in:
- Marius Weyers as sy pa, generaal Stander
- At Botha as generaal Viljoen
- Patrick Mynhardt as die regter
- Neels Coetzee as 'n dronk persoon
- James Borthwick as Vorster
- Lieb Bester as TV-nuusleser
- Bettie Kemp as TV-nuusleser
- Tessa Jubber as Florida-meisie