Stanley Mathabatha

Chupu Stanley Mathabatha (gebore 21 Januarie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse oud-diplomaat en politikus. Hy was die premier van Limpopo dan Julie 2013 tot Junie 2024. Hy was ook die provinsiale voorsitter van die African National Congress, asook 'n lid van die Limpopo provinsiale wetgewer. Mathabatha was voor sy premierskap die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne.[1] Hy is op 14 Junie 2024 opgevolg deur die voormalige LUR van Gesondheid in Limpopo Phophi Ramathuba.[2]

Stanley Mathabatha
Stanley Mathabatha
Mathabatha in Desember 2018

Ampstermyn
18 Julie 2013 – 14 Junie 2024
Voorafgegaan deur Cassel Mathale
Opgevolg deur Phophi Ramathuba

Provinsiale voorsitter van die African National Congress
Ampsbekleër
Termynaanvang
16 Februarie 2014
Vise Jerry Ndou (2014–18)
Florence Radzilani (2018–hede)
Voorafgegaan deur Dickson Masemola

Persoonlike besonderhede
Gebore Chupu Stanley Mathabatha
21 Januarie 1957 (1957-01-21) (67 jaar oud)
Ga-Mathabatha, Transvaal
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Wes-Kaapland
Universiteit van die Noorde

Mathabatha was tydens sy jeug betrokke in die United Democratic Front en die Umkhonto we Sizwe. Hy het grade by die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van die Noorde behaal. Ná apartheid het hy in die Limpopo provinsiale regering gedien en was 'n diplomaat voordat hy as die premier in Julie 2013 aangestel is.[3]

Verwysings

wysig
  1. "Know your premier: Stan Mathabatha" (in Engels). SABC News. 22 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 7 Junie 2020.
  2. "Limpopo legislature | Ramathuba becomes Limpopo's first female premier - eNCA". www.enca.com (in Engels). 14 Junie 2024. Besoek op 15 Junie 2024.
  3. "Stanley Mathabatha on his election as Limpopo Premier" (in Engels). Politicsweb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 7 Junie 2020.

Eksterne skakels

wysig