Ster van Betlehem
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Ster van Betlehem of Campanula isophylla is ’n spesie plante van die familie Campanulaceae.
Ster van Betlehem | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. isophylla
|
Binomiale naam | |
Campanula isophylla Moretti
|
Eienskappe
wysigDie spesie is meerjarige rankplante wat 15 tot 20 cm hoog en 30 cm breed is.[1] Die blomme is stervormig en 3,5 cm breed, en is blou, wit of ligpers.[2] Die blomme kom in die laat somer of vroeë herfs uit. Die plant se blare is hartvormig, getand en liggroen.
Die Ster van Betlehem is ’n gewilde huisplant en is ideaal vir hangmandjies. Die groen stamme hang langs die kant van potte af. Soms word die naam verkeerdelik aangedui as Campanula mollis. Daar is egter ’n verskil in die blaarvorm van die twee spesies.[3]
In die berge van Noord-Italië, wat die plant se habitat is, kan dit effense ryp weerstaan, maar potplante nie.[4] Laasgenoemde groei goed in lugtige, gematigde toestande. Hulle kan skade opdoen van direkte sonlig.
Probleme
wysigBlomme en blare wat verrot, dui op te nat toestande. Rypskade kan die blare se rande laat swart word. Rooimyt kan ook voorkom.[5]
Verwysings
wysig- ↑ Verskeie skrywers (1997). Annuals & Bienniels. DK Publishing, Inc. p. 111. ISBN 0-7894-1983-1.
- ↑ Hessayon, D. G. (1992). The house plant expert. Sterling Publishing Company, Inc. p. 112.
- ↑ Nicholls, Graham (2006). Dwarf campanulas and associated genera. Timber Press. p. 100. ISBN 978-0-88192-810-5.
- ↑ Vermeulen, Nico (1999). Encyclopedia of House Plants. Taylor & Francis. p. 151. ISBN 978-1-57958-108-4.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ster van Betlehem.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Ster van Betlehem
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia