Laeveldsterkastaiïng
(Aangestuur vanaf Sterculia murex)
Die Laeveldsterkastaiïng (Sterculia murex) is 'n middelgroot boom wat inheems is aan die suidelike laeveld. Die boom word slegs in Eswatini en Mpumalanga op droë rotsagtige plekke aangetref.[1] Die boom is bladwisselend en nuwe blare is bronskleurig en later donkergroen en bedek met fluweelagtige hare.
Laeveldsterkastaiïng | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Sterculia |
Spesie: | S. murex
|
Binomiale naam | |
Sterculia murex Hemsl., (1893)
|
Die boom se FSA-nommer is 475.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World ONline