Sterspinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die sterspinnekopbos (Serruria stellata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf die Stettynsberge tot by die westelike Riviersonderendberge voor. Die struik is klein met kruipende stammetjies en word slegs 20 cm hoog en blom van September tot November.

Sterspinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. stellata
Binomiale naam
Serruria stellata
Rourke, (1991)

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteen sand op hoogtes van 900 - 1 200 m.

In Engels staan dit as die Star Spiderhead bekend.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig