Steve Kekana
Tebogo Steve Kekana (4 Augustus 1958 - 1 Julie 2021)[1] was 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het sy musikale loopbaan in die 1980's begin. Hy het sy studie aan UNISA voltooi.[2]
Lewe en loopbaan
wysigKekana is in Zebediela, Transvaal gebore. Hy verloor sy sig op vyfjarige ouderdom en gaan skool by 'n skool vir blindes in Pietersburg. Gedurende sy skooljare het hy 'n liefde vir musiek en sang ontwikkel en word gedurende sy tienerjare lid van amateurgroepe.
In 1979 en 1980 het Kekana die destydse SABC Black Music-toekenning vir die beste manlike sanger gewen. Kekana's Raising My Family was 'n groot treffer in Europa in 1980. Kekana het altesaam meer as veertig albums opgeneem.[3] Sy liedjies "The Bushman" en "Feel So Strong" (met Hotline) was treffers op die Springbok Radio Chart (die destydse semi-amptelike Suid-Afrikaanse trefferslys) wat onderskeidelik in 1982 en 1983 nommer 13 en nommer 6 bereik het.[4]
Hy het saam met Ray Phiri, Nana Coyote, Joe Nina en Hotline (met PJ Thandeka Powers) opgetree.
Steve Kekana was 'n gegradueerde in B Juris en LLB. Hy was 'n advokaat en lektor in arbeidsreg aan die Universiteit van Suid-Afrika.
Hy het op 1 Julie 2021 weens Covid-19 gesterf.[5]
Periode | Eer / Toekenning |
---|---|
1978-2021 | Ontvang meer as 70 Goue Plaat-toekennings |
1980 | Beste manlike sanger (Radio Zulu) |
1984 | Verwerf die Four Outstanding Young South African (FOYSA)-toekenning[6] |
1985 | Verwerf die Ten Outstanding Young People of the World (TOYP)-toekenning |
1986 | Die OKTV-toekenning |
2010 | Mama Bheka Gemeenskaptoekenning |
2018 | SAMA leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek (SAMA 24) |
Diskografie
wysigAlbums
wysigJaar | Titel | Maatskappy (oorspronklik) |
---|---|---|
1977 | Steve Kekana | His Master’s Voice |
1979 | Nomsa Ntombi Yami | His Master’s Voice |
1979 | Mokhotse Oa Hao | EMI |
1980 | Umenziwa Akakhalelwa | EMI |
1980 | Iphupho | EMI |
1980 | Thapelo | EMI |
1981 | Isiko Lwabe Suthu | Bullet |
1981 | Raising My Family | EMI |
1981 | Kodua Ea Maseru | EMI |
1982 | Ifuqe Mntanami (Push) | Steve Kekana |
1982 | Not Going Back | CCP Record Company |
1982 | Hare Khumameng | Gallo Record Company |
1982 | Amandla Amasha | Gallo Record Company |
1983 | Alone in The Desert | Steve Records |
1984 | Yintle Lento | Steve Records |
1985 | Third Time Lucky | CBS / Steve Records |
1986 | Ngiyadlisa | Steve Kekana |
1985 | Siwelele | Gallo Record Company |
1986 | Love Triangle | Steve Kekana |
1986 | Bull Dozer | Steve Kekana |
1987 | Sebabatso | Steve Kekana |
1987 | Lindani | Gallo Record Company |
1988 | Makhombo | Steve Kekana |
1988 | I Shall Be Released | EMI |
1989 | Faith, Love and Respect | EMI |
1996 | Usafira | Cool Spot Productions |
2001 | Icilongo | Cool Spot Music |
2003 | African Lady | Sony Music |
2009 | Ha Ke Le Tje | EMI / CCP Record Company |
2009 | Isithombe Sami | EMI / CCP Record Company |
2014 | Risen | Next Music |
2018 | Ubuntu | Sold Out Music |
Samestellings
wysigJaar | Titel | Maatskappy (oorspronklik) |
---|---|---|
1997 | Golden Hits Vol 1 | Cool Spot Music |
1997 | Golden Hits Vol 2 | Cool Spot Music |
1999 | The English Album | Gallo Record Company |
1999 | The Best of Steve Kekana (Sotho) | EMI |
2002 | The Best of Steve Kekana (Zulu) | EMI |
2011 | SA Great Performers | Gallo Record Company |
2015 | Greatest Moments | Gallo Record Company |
2013 | Colours of Africa | Gallo Record Company |
Kort spelers en Enkelsnitte
wysigJaar | Titel | Maatskappy (oorspronklik) |
---|---|---|
1978 | Mamsy / Bolova'’ | His Master’s Voice[7] |
1978 | Rosemary / Sweet Jane | His Master’s Voice[8] |
1978 | Themba | His Master’s Voice |
1979 | Nomsa Ntombi Yami | His Master’s Voice |
1979 | Aka Zenzanga (U Mary) / Uqhoka Amasudi | His Master’s Voice[9] |
Verwysings
wysig- ↑ Emmanuel Tjiya (1 Julie 2021). "Breaking: Legendary musician Steve Kekana has died". Sowetan Live. Besoek op 1 Julie 2021.
- ↑ Mojapelo, Max (18 Maart 2009). Beyond Memory: Recording the History, Moments and Memories of South African Music. African Minds. p. 27. ISBN 978-1-920299-28-6. Besoek op 13 Junie 2011.
- ↑ "www.music.org.za". Besoek op 5 Augustus 2012.
- ↑ "www.rock.co.za". Besoek op 24 Augustus 2013.
- ↑ Tjiya, Emmanuel. "Breaking: Legendary musician Steve Kekana has died". SowetanLIVE (in Engels). Besoek op 6 Julie 2021.
- ↑ Mojapelo, Max (1 Julie 2008). "Beyond Memory: Recording the History, Moments and Memories of South African Music". African Minds – via Google Books.
- ↑ "Mamsy / Bolovai". Discogs. Discogs.com. Besoek op 26 Junie 2020.
- ↑ "Rosemary / Sweet Janei". Discogs. Discogs.com. Besoek op 26 Junie 2020.
- ↑ "Aka Zenzanga (U Mary) / Uqhoka Amasudi". Discogs. Discogs.com. Besoek op 26 Junie 2020.