Katstertslangbos
plantspesie
(Aangestuur vanaf Stoebe alopecuroides)
Die katstertslangbos (Stoebe alopecuroides) is 'n struik wat tot een meter hoog word. Dit is endemies aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit in woudrande en fynbos voorkom vanaf Riversdal tot Uitenhage. Die blare is styf naaldvormig met die rande ingerol, spreidend en gedraai. Die blomhofies is in massas in verlengde are en sonder lintblomme. Hulle is wit en omring deur verskeie rye bruin papieragtige skutblare.
Katstertslangbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | S. alopecuroides
|
Binomiale naam | |
Stoebe alopecuroides (Lam.) Less., (1832)
| |
Sinonieme | |
|
Bron
wysig- SANBI
- Plants of the World Online
- Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. ISBN 978 1 920217 01 3