Studio Babelsberg
Studio Babelsberg in die Potsdamse stadsdeel Babelsberg is die oudste groot rolprentateljee ter wêreld en die grootste rolprentateljee in Duitsland. Sedert 1912 het 'n groot aantal bekende rolprentmakers hul prente in Babelsberg vervaardig, waaronder hoogs invloedryke werke soos Metropolis en Der Blaue Engel (waarin Marlene Dietrich die hoofrol vertolk het).
Studio Babelsberg AG | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1912 in Potsdam-Babelsberg, Duitsland |
Hoofkantoor | Potsdam, Brandenburg, Duitsland |
Sleutelpersone | Carl Woebcken (voorsitter) Christoph Fisser (president en hoof uitvoerende beampte) |
Industrie | Rolprentbedryf |
Produkte | Rolprente |
Inkomste | 57,5 miljoen € (2010) |
Werknemers | 92 (31 Desember 2017) |
Webwerf | studiobabelsberg.com |
Studio Babelsberg, wat as die bakermat van die Duitse rolprentbedryf beskou word, bied 'n verskeidenheid dienste vir Duitse en internasionale rolprentmakers aan en is tans die belangrikste ateljee vir rolprent- en televisieproduksies in Europa.
Fotogalery
wysig-
Ingang tot die Babelsberg-ateljee in Potsdam-Babelsberg
-
Opelug-coulisse "Straat in Berlyn" op die terrein van die Babelsberg-ateljee, Potsdam
-
Boris Bilinski se plakkaatontwerp vir die rolprent Metropolis (1927)
-
Maria, een van die karakters in Metropolis, in die Robot Hall of Fame in Pittsburgh, PA
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Babelsberg Studios. |
Media