Suid-Afrikaanse Klas NG G11 2-6-0+0-6-2
Die Suid-Afrikaanse Klas NG G11 2-6-0+0-6-2 van 1919 is 'n Suid-Afrikaanse smalspoor stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
NG G11 no. 54 "Solly" by Chelsea op 3 April 1990 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Beyer, Peacock and Company |
Vervaardiger | Beyer, Peacock and Company |
Serienommer | 5975-5977, 6199-6200 [1] |
Model | Klas NG G11 |
Klas | Klas NG G11 |
Vervaardig | 1919-1925 |
Aantal gebou | 5 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-0+0-6-2 "Dubbel Mogul" Garratt |
Spoorbreedte | 610 mm (2 vt) smalspoor |
Voorwielomtrek | 533 mm (21 dm) |
Dryfwielomtrek | 762 mm (30 dm)) |
Wielbasis | Totaal: 51-53: 11.887 m 54-55: 12.116 m Enjins: 1.753 m gekoppel 3.124 m totaal |
Lengte | 51-53: 13.602 m 54-55: 13.843 m |
Hoogte | 3.150 m |
Raamwerk | Plaatraamwerk. Tussen draaispille: 51-53: 6.706 m 54-55: 6.934 m |
Asbelasting | 51-53: 6.3 t op 5de drywer 54-55: 6.8 t op 2de drywer |
Massa op dryfwiele | 51-53: 36.7 t 54-55: 39.5 t |
Lokomotiefmassa | 51-53: 45.6 t 54-55: 49.0 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 2.5 t |
Waterkapasiteit | 4 400 l voor 1 700 l agter |
Stoomketel | 1.270 m binnediameter 2.835 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 51-53: 1.793 m2 54-55: 1.812 m2 |
51-53: 211 buise 44.4 mm diameter 83.520 m2 54-55: 115 buise 44.4 mm diameter 13 buise 140 mm diameter 61.400 m2 | |
– Vuurkas | 51-53: 7.525 m2 54-55: 7.488 m2 |
51-53: 91.045 m2 54-55: 68.888 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 51-53: Nie oorverhit nie 54-55: 13.146 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 267 mm (10 1/2 dm) boor 406 mm (16 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 71 kN teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë [2][3] |
Aantal in klas | 5 |
Vlootnommer(s) | 51-55 |
Afleweringsdatum | 1919-1925 |
Eerste tog | 1919 |
Onttrekkingsdatum | 1962 |
Bewaarde eenhede | 1 |
Restoreerdatum | 2011 |
Huidige eienaar | Sandstone Erfenistrust[4] |
Tussen 1919 en 1925 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë vyf Klas NG G11 Garratt geartikuleerde stoomlokomotiewe met 'n 2-6-0+0-6-2 "Dubbel Mogul"-tipe wieluitleg in diens geplaas op die Avontuur smalspoorlyn deur die Langkloof en ook in Natal. Hulle was die eerste Garrattlokomotiewe om diens in Suid-Afrika te doen. [5][6][4]
Montering en diens
wysigDie eerste drie lokomotiewe, nommers NG51, 52 en 53 is aanmekaargesit by die SAR-werkswinkels te Uitenhage naby Port Elizabeth. [4] Hulle is in diens geplaas op die Avontuurlyn, maar is spoedig oorgeplaas na Natal waar almal behalwe een bly diens doen het tot hul onttrekking in 1962. Nommer NG51 is in 1945 terug na die Avontuurlyn om die uittredende Klas NG3 te vervang as werfrangeerder by Humewoodweg.[5]
Die twee lokomotiewe van die tweede bestelling het ook diens gedoen in Natal, tot die einde van hul werk op die tak van Estcourt na Weenen in 1966, toe hulle albei na die Avontuurlyn is in ruil vir twee nuwe Klas NG G13-lokomotiewe. Daar doen hulle werfpligte en oordragritte van en na die hawe tot en met die aankoms van die Klas 91-000 diesel-elektriese lokomotiewe in 1973, toe hulle aan diens onttrek is in Oktober 1974. [5][6]
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas NG G11 2-6-0+0-6-2.
Verwysings
wysig- ↑ Hamilton, Gavin N., The Garratt Locomotive - Garratt Locomotives produced by Beyer, Peacock. Besoek op 10 November 2012
- ↑ South African Railways and Harbours Narrow Gauge Locomotive Diagram Book, 2’0” Gauge, S.A.R. Mechanical Dept. Drawing Office, Pretoria, 28 November 1932
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
- ↑ 4,0 4,1 4,2 "Sandstone Bloemfontein-nuus". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 15 November 2014.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 105-106
- ↑ 6,0 6,1 Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1st ed.). Newton Abbott, London: David & Charles. p. 123. ISBN 0715386387.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |