Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984
Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984 het in Augustus 1984 in Suid-Afrika plaasgevind om Kleurling- en Indiër-verteenwoordigers vir hulle onderskeie huise in die driekamerparlement te kies. Dit volg na die Suid-Afrikaanse referendum van 1983 waartydens Blanke kiesers met 'n twee-derde meerderheid ten gunste van die instelling van 'n driekamerparlement gestem het.
Verloop
wysigDie verkiesing van bruinmense vir die Raad van Verteenwoordigers het op 22 Augustus plaasgevind. Die Arbeidersparty onder leiding van eerwaarde Allan Hendrickse wen die verkiesing en palm 76 van die 80 setels in.
Die verkiesing van Indiërs vir die Raad van Afgevaardigdes is op 28 Augustus gehou. Die "National People's Party" verower 18 van die 40 setels.[1] Die verkiesing is deur die "United Democratic Front" geopponeer en is deur boikotte en protesaksie gekenmerk.[1]
Na afloop van die verkiesing reik die Verenigde Nasies resolusie 554 van 1984 uit wat die verkiesing as onregverdig en ongeldig bestempel, omdat dit die Blanke minderheidsregering in stand hou. Ander het dit weer as 'n belangrike stap in die proses van demokratisering van die Suid-Afrikaanse samelewing beskou.
Resultate
wysigRaad van Verteenwoordigers
wysigParty | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
Arbeidersparty | 76 | ||
Volkskongres Party | 2 | ||
Vryheidsparty | 1 | ||
Onafhanklikes | 1 | ||
Bedorwe/blanko stemme | – | – | |
Totaal | 80 | ||
Geregistreer/stempersentasie | 30,9 | – | |
Bron: African Elections Database |
Raad van Afgevaardigdes
wysigParty | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
Nasionale Volksparty | 18 | ||
Solidariteit | 17 | ||
Progressiewe Onafhanklikheidsparty | 1 | ||
Onafhanklikes | 4 | ||
Bedorwe/blanko stemme | – | – | |
Totaal | 40 | ||
Geregistreer/stempersentasie | 16,2 | – | |
Bron: African Elections Database |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) Elections in South Africa, African Elections Database