Suid-Afrikaanse etniese groepe en kulture
rasse- en etniese groepe in Suid-Afrika
Suid-Afrika staan bekend as die "Reënboognasie" weens sy etno-kulturele verskeidenheid. Die Khoisan of Boesmans word as die oudste inwoners van Suid-Afrika geag.
Die etniese kulture van Suid-Afrika behoort aan 'n aantal breër kulturele en linguistiese groepe:
- Die Sotho, bestaande uit die Noord-Sotho's, die Suid-Sotho's en die Tswanas.
- Die Sjangaan, Tsongas en Vendas van die noordelike streke, wat as eiesoortige groepe onderskei word.
- Die grootste groep is die Nguni, wat bestaan uit die Zoeloe-, Swazi-, Xhosa- en Ndebele-volke.
- Europese etniese groepe in Suid-Afrika, waaronder Afrikaners en Anglo-Afrikane die beduidendste is.
Ten spyte van die eenheid gesuggereer deur taalooreenkomste, toon hierdie etniese groepe uiteenlopende kulturele kenmerke.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse etniese groepe en kulture.
Etniese groepe in Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
Afrikaners • Anglo-Afrikane • Asiate • Griekwas • Kaapse Maleiers • Khoisan • Kleurlinge • Ndebeles • Noord-Sotho's • Suid-Sotho's • Swazi's • Tsongas • Tswanas • Vendas • Xhosas • Zoeloes |