Superhelde
Superhelde is 'n Afrikaanse jeug-rolprent wat op 22 April 2011 vrygestel is. Die film se subtitel is: "Ontmasker die held in jou!".
Superhelde | |
---|---|
Regisseur | Stefan Nieuwoudt |
Draaiboek | Ivan Botha Andrew Thompson |
Met | Ivan Botha Neil Sharim Andrew Thompson |
Musiek deur | Benjamin Willem |
Kinematografie | David Pienaar |
Redigeerder | C.A. van Aswegen |
Ateljee | The Film Factory |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 22 April 2011 |
Speeltyd | 95 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 jaar (swak taalgebruik en sekstonele). Dit is op 'n jong gehoor gemik en tieners sal hierby aanklank vind.
Hoofkarakters
wysig- Ivan Botha as Albert, een van die superhelde.
- Neil Sharim as Peet, een van die superhelde.
- Andrew Thompson as J.J. van Tonder jr., die booswig.
- Lelia Etsebeth as Saskia, Peet se vurige hoërskoolliefde.
- Ciske Kruger as Monique, Dimensie se skaam en teruggetrokke winkelassistent.
- Melt Sieberhagen as Jaco de Beer.
- Solomon Cupido as Wayen, een van Dimensie se gereelde kliënte.
- Garth Collins as Boef Basson.
- Dirk Stoltz as JJ Senior (JJ jr. se pa).
- Elma Postma as Suster Suzaan.
Storielyn
wysig"In 'n land waar mense nie meer opstaan vir waarin hulle glo nie, waar helde en liefde net in Hollywood flieks bestaan, moet twee ontluikende superhelde die krag binne hulself vind om die een plek waar hulle inpas te red."
Wanneer hul geliefde comic-winkel bedreig word, kom twee beste vriende se superheldkleure na vore. Dimensie Komieks is diep in die skuld en in die moeilikheid. Boonop word die winkel deur hul aartsvyand van skool, J.J. van Tonder bedreig. J.J. en sy pa is die eienaars van die winkelsentrum oorkant Dimensie Komieks. Hulle benodig ruimte vir meer parkeerplek en hulle het 'n ogie op die gebou waarin Dimensie Komieks is. Albert en Peet beraam saam met Saskia, Monique en SuperWayne 'n buitensporige plan om die winkel van die stootskrapers te red.