Swaelstertbyvreter
Die swaelstertbyvreter (Merops hirundineus) is 'n algemene nomade en plaaslike trekvoël wat in 'n verskeidenheid habitats leef; van halfwoestyn struikgewas tot woudrande. In Engels staan die voël as die Swallow-tailed Bee-eater bekend.
Swaelstertbyvreter | |
---|---|
Swaelstertbyvreter in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië | |
Swaelstertbyvreter in die Tswalu Kalahari Reservaat, Noord-Kaap, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. hirundineus
|
Binomiale naam | |
Merops hirundineus Lichtenstein, 1793
| |
Sinonieme | |
Dicrocercus hirundineus |
Voorkoms
wysigDie voël is 20 tot 22 cm lank en weeg 15 tot 28 g. Dit is groter as die kleinbyvreter. Dit is die enigste byvreter met 'n diep mikstert. Die blou stert en pens is kenmerkend van die voël. Die kraag is blou, blougroen borskant en die stert blou. Die jong voël het 'n dofgrys keel en groen borskant, die stert is minder gevurk en dit het nie 'n blou kraag nie.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Merops hirundineus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Bron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Swaelstertbyvreter.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Swaelstertbyvreter