Swartdas
Swartdas, algemeen bekend onder sy Engelse naam Black tie of sy Franse naam cravate noire,[1] is 'n dragkode vir aandgebeure en sosiale funksies, afgelei van die Britse en Amerikaanse kostuumkonvensies van die 19de eeu. Tradisioneel word dit slegs gedra vir funksies na 7 n.m., swartdas is minder formeel as witdas maar meer formeel as informele of besigheidsdrag. In die Verenigde State, word die here se vorm van swartdasuitrustings dikwels na verwys as 'n tuxedo.[2]
Mansstandaard
wysigVir mans is die elemente van swartdas:
- 'n wit boordjiehemp
- 'n swart strikdas
- 'n Aandonderbaadjie of cummerbund
- 'n aandete baadjie ('n "tuxedo" genoem in Amerika), van swart of middernagblou wol, waarvan die baadjielapelle en broeknaat van sy of ander kontrasterende materiaal gemaak is.
- Swart Oxford- of blinkleerskoene.
Damesstandaard
wysigVroue-uitrustings vir swartdasgeleenthede het baie gewissel oor die jare; tradisioneel was dit:
- Aandskoene
- Aandete (enkellengte) of tee (onder middelkuit) lengte moulose aandrok, dikwels vergesel deur:
- 'n omhangsel of stola en
- handskoene
Vandag se damesrokke vir swartdasgeleenthede dek 'n veel wyer vlak van formaliteit wat wissel van net onder die witdasstandaard[3] tot iets meer informeel soos 'n swart nommertjie. Dit mag ook die volgende insluit:
- Aandskoene en
- 'n balrok, aandrok of 'n skemerkelkrok. Skemerkelkrokke mag lank wees, of redelik kort en hoef nie swart te wees nie.
- In Engeland is 'n aandbroek met 'n palazzo snit 'n ander aanvaarbare opsie.
In teenstelling met die mansstandaard, is die besonderhede van swartdas vir dames gekoppel aan alles wat in die aand gedra word en tans in die mode is.[4]
Verwysings
wysig- ↑ http://www.fashionbeans.com/2016/complete-guide-mens-dress-codes/
- ↑ http://www.debretts.com/british-etiquette/british-behaviour/h/dress-codes/black-tie.
- ↑ Morgan, John (1 April 2007). Debrett's New Guide to Etiquette and Modern Manners: The Indispensable Handbook. Macmillan. p. 338. ISBN 9781429978286.
- ↑ Stewart, Marjabelle Young (15 April 1997). The New Etiquette: Real Manners for Real People in Real Situations. Macmillan. p. 463. ISBN 9780312156022.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |