Seenaald
Op grond van die ontwikkelingsvlak van die broeigedrag is die seenaalde (subfamilie) primitiewer as die seeperd.[1] By die soorte wat die minste ontwikkel is, soos die slangnaald (Nerophis ophidion), neem die wyfie die inisiatief by paring en lê sy die eiers heeltemal onbeskut op die buik van die mannetjie. Die liggaam van die slangnaald is koeëlrond en wurmvormig.
Seenaald | |
---|---|
Syngnathoides biaculeatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Syngnathiformes |
Familie: | Syngnathidae |
Subfamilie: | Syngnathinae Bonaparte, 1831[1] |
Genera | |
Dit is in teenstelling met die hoër seenaalde, waar die lang, uitgerekte liggaam in deursnee vier- tot sewekantig is. ’n Anale vin ontbreek by die seenaalde en van 'n stertvin is daar meestal maar weinig oor. Die groep, wat uit meer as 300 spesies bestaan, kom in feitlik die hele wêreld voor.
Die meeste spesies lewe in die see, maar varswatersoorte is bekend. Die spesies wat in die see leef, kom gewoonlik in seewiervelde langs kuste en in riviermondings voor. Een van die uitsonderings is die pelagiese seenaald (Syngnathus pelagicus), wat in die diepsee leef. Daar vind hy egter beskutting en voedsel in die drywende Sargasso-wiervelde.
Genera
wysig- Genus Acentronura Kaup, 1853
- Genus Amphelikturus Parr, 1930
- Genus Anarchopterus Hubbs, 1935
- Genus Apterygocampus Weber, 1913
- Genus Bhanotia Hora, 1926
- Genus Bryx Herald, 1940
- Genus Bulbonaricus Herald, 1953
- Genus Campichthys Whitley, 1931
- Genus Choeroichthys Kaup, 1856
- Genus Corythoichthys Kaup, 1853
- Genus Cosmocampus Dawson, 1979
- Genus Doryichthys Kaup, 1853
- Genus Doryrhamphus Kaup, 1856
- Genus Dunckerocampus Whitley, 1933
- Genus Enneacampus Dawson, 1981
- Genus Entelurus Duméril, 1870
- Genus Festucalex Whitley, 1931
- Genus Filicampus Whitley, 1948
- Genus Halicampus Kaup, 1856
- Genus Haliichthys Gray, 1859
- Genus Heraldia Paxton, 1975
- Genus Hippichthys Bleeker, 1849—rivier-pypvisse
- Genus Histiogamphelus McCulloch, 1914
- Genus Hypselognathus Whitley, 1948
- Genus Ichthyocampus Kaup, 1853
- Genus Idiotropiscis Whitely, 1947
- Genus Kaupus Whitley, 1951
- Genus Kimblaeus Dawson, 1980
- Genus Kyonemichthys Gomon, 2007
- Genus Leptoichthys Kaup, 1853
- Genus Leptonotus Kaup, 1853
- Genus Lissocampus Waite en Hale, 1921
- Genus Maroubra Whitley, 1948
- Genus Micrognathus Duncker, 1912
- Genus Microphis Kaup, 1853—varswater-pypvisse
- Genus Minyichthys Herald and Randall, 1972
- Genus Mitotichthys Whitley, 1948
- Genus Nannocampus Günther, 1870
- Genus Nerophis Rafinesque, 1810
- Genus Notiocampus Dawson, 1979
- Genus Penetopteryx Lunel, 1881
- Genus Phoxocampus Dawson, 1977
- Genus Phycodurus Gill, 1896
- Genus Phyllopteryx Swainson, 1839—seedrake
- Genus Pseudophallus Herald, 1940
- Genus Pugnaso Whitley, 1948
- Genus Siokunichthys Herald, 1953
- Genus Solegnathus Swainson, 1839
- Genus Stigmatopora Kaup, 1853
- Genus Stipecampus Whitley, 1948
- Genus Syngnathoides Bleeker, 1851
- Genus Syngnathus Linnaeus, 1758
- Genus Trachyrhamphus Kaup, 1853
- Genus Urocampus Günther, 1870
- Genus Vanacampus Whitley, 1951
Lees ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 WoRMS (2015). Nicolas Bailly (red.). "Syngnathinae Bonaparte, 1831". FishBase. World Register of Marine Species.
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-66-4, volume 25, bl. 56
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Seenaald.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Seenaald