Maak hoofkeuseskerm oop

Die kleindobbertjie (Tachybaptus ruficollis) is 'n algemene standvoël en een van die kleinste watervoëls in Suider-Afrika. Dit kom ook in ander dele van Afrika voor, asook Europa en dele van die Midde- en Verre-Ooste.

Kleindobbertjie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Podicipediformes
Familie: Podicipedidae
Genus: Tachybaptus
Spesie: T. ruficollis
Binomiale naam
Tachybaptus ruficollis
(Pallas, 1764)
Verspreiding van die kleindobbertjie
Verspreiding van die kleindobbertjie
Sinonieme
Podiceps ruficollis

Die kleindobbertjie is 'n klein, vaal, grysbruin voël met donker kringe om sy , alhoewel dit 'n helder kastaiingbruin aan die kante van die kop vertoon tydens die broeityd. Die tweede helfte van die wetenskaplike naam, ruficollis, verwys hierna: rufus beteken "rooierig" in Latyn en collus beteken "nek". 'n Ligte kol kan waargeneem word aan die basis van die snawel. Kleindobbertjies het 'n baie vinnige vlerkslag tydens vlug en vertoon dan 'n wit vlerkstreep en 'n helderwit pens.

Die voël geniet 'n wye verspreiding in Suider-Afrika en kan enkel of in groepies in varswatergebiede (groot riviere uitgesluit) met jong plante waargeneem word.

Die kleindobbertjie uiter 'n laggende gekwetter. Hy duik dikwels onderwater en steek dikwels slegs sy kop bo die water uit om gevaar te bespeur. Vandaar ook die naam Tachybaptus: takhos is Grieks vir "vinnig" en bapto beteken "om na onder te sink".

Inhoud

SubspesiesWysig

Daar word tans 9 subspesies onderskei, hoofsaaklik aan grootte en kleur.

  • T. r. ruficollis: Europa, Wes-Rusland en suid tot Noord-Afrika.
  • T. r. iraquensis : Suidoos-Irak en Suidwes-Iran.
  • T. r. capensis: Suid van die Sahara, Madagaskar, Sri-Lanka en die Indiese subkontinent, tot in Mianmar.
  • T. r. poggei
  • T. r. philippensis
  • T. r. cotobato
  • T. r. tricolor
  • T. r. volcanorum
  • T. r. collaris

GaleryWysig

Sien ookWysig

BronnelysWysig