Tandjiesberg
Tandjiesberg is ‘n opvallende bergreeks in die Kamdeboo.
Ligging
wysigDie reeks lê oos van Graaff-Reinet, noord van Pearston, tussen die Sneeuberge, Coetzeesberge en die Bankberg by nagenoeg 32° 30′ suid en 25° oos en wes van die Bergkwaggapark.
Pieke en riviere
wysigDie Tandjiesberg dank sy naam aan die reeks opvallende skerp pieke. Op die Kompasberg na is die Nardousberg (soms Nardouberg, Nadousberg), 34km oos van Graaff-Reinet, met sy piek op 2430m bo seevlak, die hoogste punt in daardie deel van die Karoo. Daar is gereeld sneeu op die pieke van die omgewing. Dit vorm die waterskeiding tussen die Sondagsrivier en die Groot-Visrivier. Die Vogelrivier (Voëlrivier) is die belangrikste sytak van die Sondagsrivier. Dit ontspring op 1800m in die Nardousberg, vloei suidwaarts en ontmoet die Sondags in die Darlingtondam. Na 500km bereik die water die Indiese Oseaan.
Skildery
wysigIn die Rupert Museum is ‘n ollieverfskildery deur Ethel Edwards getitleld “Sunset, Tandjiesberg, Graaff-Reinet”.
Besoekers
wysigVroeë reisigers in die gebied rondom hierdie berge was Jacob Abraham de Mist en Hinrich Lichtenstein. Eve Palmer se The plains of Camdeboo en haar ander boeke het hierdie gebied as onderwep.
Bibliografie
wysig- Logie, Bartle: Two for the Road. In the wagon-tracks of De Mist and Lichtenstein. Hunters Retreat: Bluecliff, 2003. ISBN 0-620-30946-6
- mapcarta.com