Pearston
Pearston is 'n dorp in die Oos-Kaap en die middelpunt van 'n vrugbare landboudistrik.
Pearston (ingesluit Khanyiso) | |
---|---|
Voortrekkerstraat in Pearston. | |
Koördinate: 32°34′54″S 25°08′16″O / 32.58167°S 25.13778°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Bloukraanroete |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,8 km2 (12,7 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 4 516 |
• Digtheid | 138/km2 (360/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 59.3% |
• Swart mense | 37.4% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 67.6% |
• Xhosa | 27.9% |
• Engels | 2.5% |
• Ander | 2.0% |
Poskode (strate) | 5860 |
Poskode (posbusse) | 5860 |
Skakelkode | 042 |
Die dorp is op 21 September 1859 gestig toe 'n vergadering op die plaas Rustenburg van Casper Lötter gehou is en besluit is dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gedeelte van die plaas sou koop vir die oprigting van 'n pastorie en 'n noodkerk. Die Ringsvergadering van Graaff-Reinet van 12 Oktober dieselfde jaar keur die versoek goed. Die dorp is opgemeet in besproeiings- en woonerwe en genoem na ds. John Pears van Somerset-Oos wat as konsulent opgetree het.
'n Bestuursraad het die dorp van 1861 af bestuur en op 11 Junie 1911 word dit 'n munisipaliteit.
Pearston is vandag 'n sonnige dorp met 'n ontspanne, sorgelose atmosfeer, gewoonlik kenmerkend van 'n nedersetting wat aan geen vername pad- of spoorverbinding geleë is nie. Somerset-Oos lê 51 km van hier, Cradock 87 km en Graaff-Reinet 72 km.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- Bulpin, T.V., Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc, 2001.
- Olivier, ds. P.L., Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- Van Renen, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy), Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2009. Wellington: Tydskriftemaatskappy, 2008.