Tarf
Tarf (ook bekend as Beta Cancri of β Cnc) is die helderste ster in die sterrebeeld Kreef (Cancer). Teen ’n afstand van die Son van sowat 290 ligjare, het dit ’n skynbare magnitude van 3,5. Sy absolute magnitude is -1,2. Dit het ’n sterreklassifikasie van K4 III Ba1[1] en is ’n oranje K-tipe reusester met ’n radius van sowat 61 keer dié van die Son.
Beta Cancri
| ||||
Tarf se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kreef | |||
Bayer-naam | β Cancri | |||
Spektraaltipe | K4III Ba1[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 16m 30.9206s[2] | |||
Deklinasie | +09° 11′ 07.961″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,50 tot 3,58[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,218[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,48[5] | |||
U-B-kleurindeks | +1,77[5] | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 61[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 871[6] | |||
Temperatuur (K) | 3 990[6] | |||
Ander name | ||||
β Cancri, Al Tarf, Tarf, 17 Cancri, HR 3249, HD 69267, BD+09°1917, FK5 312, HIP 40526, SAO 116569, GC 11254, ADS 6704, CCDM 08165+0911 | ||||
|
Tarf is ’n bariumster, ’n soort koel reus met tekens van baie barium.[7] Daar word ook vermoed dit wissel effens in helderheid.[3]
Die ster het ’n metgesel-ster, ’n rooidwerg van die 14de magnitude. Die afstand van die ster is sowat 29 boogsekondes van Tarf, dus sowat 2 600 AE. Dit het ’n wentelperiode van 76 000 jaar.[8]
Eksoplaneet
wysigIn ’n artikel op 12 Mei 2014 in die tydskrif Astronomy & Astrophysics is bewyse gelewer van ’n planeet wat om Tarf wentel. Volgens radialesnelheidsdata ná herhaalde waarnemings van die ster het die planeet ’n minimum massa van 7,8 keer dié van Jupiter en is sy wentelperiode 605 dae.[9]
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | 7,8 ± 0,8 MJ | 1,7 ± 0,1 | 605,2 ± 4 | 0,08 ± 0,02 | — | — |
Name
wysigDie ster se Bayer-naam is "Beta Cancri" en sy Flamsteed-naam "17 Cancri". Die tradisionele naam, "Al Tarf" of "Altarf", kom van die Arabiese woord vir "einde" of "kant".[8]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Tarf" vir die ster goedgekeur.[10]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Lu, Phillip K. (1991). "Taxonomy of barium stars". Astronomical Journal (ISSN 0004-6256). 101: 2229. Bibcode:1991AJ....101.2229L. doi:10.1086/115845.
- ↑ 2,0 2,1 Van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
- ↑ 3,0 3,1 Samus, N. N.; Durlevich, O. V.; et al. (2009). "VizieR Online Data Catalog: General Catalogue of Variable Stars (Samus+ 2007–2013)". VizieR On-line Data Catalog: B/gcvs. Originally published in: 2009yCat....102025S. 1. Bibcode:2009yCat....102025S.
- ↑ Cassatella, A.; Altamore, A.; Badiali, M.; Cardini, D. (2001). "On the Wilson-Bappu relationship in the Mg II k line". Astronomy and Astrophysics. 374 (3): 1085. Bibcode:2001A&A...374.1085C. doi:10.1051/0004-6361:20010816.
- ↑ 5,0 5,1 Mermilliod, J.-C. (1986). "Compilation of Eggen's UBV data, transformed to UBV (unpublished)". Catalogue of Eggen's UBV data. Bibcode:1986EgUBV........0M.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 Massarotti, Alessandro; Latham, David W.; Stefanik, Robert P.; Fogel, Jeffrey (2008). "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity". The Astronomical Journal. 135: 209. Bibcode:2008AJ....135..209M. doi:10.1088/0004-6256/135/1/209.
- ↑ Gomez, A. E.; Luri, X.; Grenier, S.; Prevot, L.; Mennessier, M. O.; Figueras, F.; Torra, J. (1997). "Absolute magnitudes and kinematics of barium stars". Astronomy and Astrophysics. 319: 881. Bibcode:1997A&A...319..881G.
- ↑ 8,0 8,1 Kaler, James B. "AL TARF (Beta Cancri)". Stars (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2019. Besoek op 23 Februarie 2010.
- ↑ Lee, B.-C.; Han, I.; Park, M.-G.; Mkrtichian, D. E.; Hatzes, A. P.; Kim, K.-M. (2014). "Planetary companions in K giants β Cancri, μ Leonis, and β Ursae Minoris". Astronomy & Astrophysics. 566: A67. arXiv:1405.2127. Bibcode:2014A&A...566A..67L. doi:10.1051/0004-6361/201322608.
- ↑ "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Tarf op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia