Rooidwerg
’n Rooidwerg is ’n klein, relatiewe koel ster in die hoofreeks – die spektraaltipe is óf laat K óf M. Hul massa is minder as die helfte van die son s’n (tot so laag as 0,075 sonmassas). Hulle word net bo die bruindwerge aangetref op die Hertzsprung-Russell-diagram.
Rooidwerge se oppervlaktemperatuur is minder as 4 000 Kelvin. Hulle is verreweg die mees algemene sterre in die Melkweg, ten minste in die omgewing van die son. Proxima Centauri, die naaste ster aan die son, is ’n rooidwerg – so ook 20 van die 30 ander naaste sterre. Weens hul dofheid is rooidwerge egter nie duidelik sigbaar nie. Geen kan van die Aarde af met die blote oog gesien word nie.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "The Brightest Red Dwarf", deur Ken Croswell (URL besoek op 6/7/08)
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir rooidwerg.