Tatadim
Tatadim was negus (koning) van Ethiopië en ’n lid van die Zagwe-dinastie.
Tatadim | |
---|---|
Dinastie | Zagwe-dinastie |
Bewind | 10de eeu |
Voorganger | Mara Takla Haimanot |
Opvolger | Jan Sejoem |
Vader | Mara Takla Haimanot |
Bewind
wysigTatadim se naam verskyn tweede op die lang lyste van die Zagwe-konings.[1] Volgens die Ethiopiese historikus Taddesse Tamrat was hy die oudste bekende seun van Mara Takla Haimanot.[2]
Volgens die Gadla Jemrehana Krestos het Tatadim moeite gedoen om die troonopvolging vir sy seuns te verseker; hy het stappe gedoen teen sy broers Jan Sejoem en Germa Sejoem. Die Agau se erfeniswet het bepaal dat broers die regmatige opvolgers is, ’n probleem waarmee die Zagwe-konings te kampe gehad het.[3]
Verwysings
wysig- ↑ G.W.B. Huntingford, "'The Wealth of Kings' and the End of the Zāguē Dynasty", Bulletin of the School of Oriental and African Studies, 28 (1965), p. 10
- ↑ Taddesse Tamrat, Church and State in Ethiopia, (Oxford: Clarendon Press, 1972), p. 56n.
- ↑ Taddesse Tamrat, p. 61.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.