Taylor Swift (gebore 13 Desember 1989) is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedskryfster. In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "today was a fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik en Taylor het self in die fliek gespeel.

Taylor Swift
191125 Taylor Swift at the 2019 American Music Awards.png
Taylor Swift in 2019
Agtergrondinligting
GeboortenaamTaylor Alison Swift
Gebore13 Desember 1989 (1989-12-13) (30 jaar oud)
OorsprongWyomissing, Pennsylvania, VSA
GenresCountry, Country pop, pop
Beroep(e)Sanger-liedskrywer
InstrumenteStem, kitaar, klavier, ukelele, banjo
Jare aktief2006 – tans
EtiketteBig Machine
AssosiasiesKellie Pickler, Jonas Brothers, Brad Paisley, Tim McGraw, Faith Hill, Rascal Flatts, George Strait, Gloriana
Webwerftaylorswift.com

DiskografieWysig

  • Taylor Swift (2006)
  • Fearless (2008)
  • Speak Now (2010)
  • Red (2012)
  • 1989 (2014)
  • Reputation (2017)
  • Lover (2019)

Eksterne skakelsWysig