Telnet
Internet- en netwerkprotokolle | |
---|---|
Toepassingvlak: | DNS FTP Gopher HTTP HTTPS IMAP IRC NNTP POP3 RTP SIP SMTP SNMP SSH SSL Telnet UUCP XMPP |
Versendvlak: | DCCP SCTP TCP UDP |
Netwerkvlak: | ARP ICMP IGMP IP(IPv4, IPv6) RARP |
Dataskakelvlak: | ATM Ethernet FDDI PPP Token ring Wi-Fi |
volgens die TCP/IP-model |
Telnet (TELetype NETwerk) is 'n netwerkprotokol wat gebruikers toelaat om oor 'n netwerk na 'n ander rekenaar aan te teken en die opdraglyn (command line) oor te neem. Die rekenaar waarop die telnetkliënt uitgevoer word funksioneer dan as 'n terminaal van die bediener. Telnet is amptelik in IETF-dokument STD 8 (RFC 854 en RFC 855) gespesifiseer.
Telnetkliënte gebruik gewoonlik TCP/IP-poort 23, maar konneksies op ander poorte is ook moontlik. Telnet kan dus as "handmatige" kliënt vir ander netwerkprotokolle gebruik word. Die gebruiker moet dan self die opdragte invoer en die afvoer van die protokol interpreteer. Dit maak dit ook moontlik om telnet in 'n skript te gebruik.
Geskiedenis
wysigTelnet was een van die eerste twee applikasieprotokolle wat op ARPANET gebruik was (die ander een is FTP). Die RFC vir Telnet is op 3 April 1972 deur Jon Postel ingedien. Telnet is sedert die vroeë jare 80s al op Unix-rekenaars beskikbaar.
Veiligheid
wysigTelnet word as onveilig beskou omdat alle gegewens, insluitend wagwoorde, as leesbare teks oor die netwerk gestuur word. Vir die rede word dit deesdae al minder gebruik. Baie gebruikers beweeg oor na SSH (secure shell). 'n Veiliger variant van telnet, naamlik SSL-telnet, is voorgestel, maar het nooit regtig van die grond af gekom nie.
Sien ook
wysig- PuTTY, 'n telnet- en SSH-kliënt.