Ter wille van Christine
Ter wille van Christine is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1975 uitgereik is. Die film het meer geld binne die eerste week ná uitreiking verdien as enige plaaslike fliek tot in daardie stadium.
Ter wille van Christine | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Met | Jan Bruyns Sybel Coetzee Hans Strydom Willie van Rensburg |
Uitgereik | 1975 |
Speeltyd | 98 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n omstrede drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en kan deur die hele gesin geniet word.
Hoofrolspelers
wysig- Hans Strydom as Paul, die dominee.
- Jan Bruyns, as Paul se pa, ook 'n dominee in dieselfde kerk.
- Sybel Coetzee, as Christine die Roomse-Katolieke verpleegster.
- Willie van Rensburg
Intrige
wysig'n NG predikant van Swartruggens raak verlief op ‘n verpleegster. Toe dit bekend word dat die verpleegster 'n lidmaat van die Rooms-Katolieke Kerk is, is dié dominee se kerkraad glad nie geneë met die verhouding nie. Om sake verder deurmekaar te krap raak 'n getroude dokter ook nog verlief op die meisie.