Tetragonia caesia
Plantspesie
Tetragonia caesia is 'n klein sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf die Kaapse Vlakte tot by Gansbaai voor. Daar is vyf subpopulasies bekend en die plant word bedreig deur voorstedelike ontwikkeling asook indringerplante en steengroefwerke.
Tetragonia caesia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Tetragonia |
Spesie: | T. caesia
|
Binomiale naam | |
Tetragonia caesia Adamson, (1955)
|