Thomas Victor Bulpin

T.V. Bulpin (1918–1999) was 'n produktiewe Suid-Afrikaanse skrywer, hoofsaaklik van reisverhale. Hy was die outeur van boeke soos Discovering Southern Africa, Illustrated Guide to Southern Afica, Lost Trails of the Transvaal, Shakaïs Country, The Great Trek, The Hunter is Death, Tickey: The Story of a Clown, To the Banks of the Zambezi, To the Shores of Natal, Southern Africa: Land of Beauty and Splendor en Stellenbosch.[1]

T.V. Bulpin
GeboreThomas Victor Bulpin
1918
Umkomaas
Sterf1999
Kaapstad
BeroepSkrywer
NasionaliteitSuid-Afrika
Noemenswaardige werkeReisverhale

Lewensloop

wysig

Thomas Victor Bulpin is in 1918 in Umkomaas in KwaZulu-Natal gebore. Op 16 het hy as tegnikus in die rolprentbedryf begin werk en daarna by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit. Hy was ook 'n nuusredakteur vir die Associated British Cinema Corporation, wat hom oor Afrika gestuur het om die nuusgebeure te dek. Tydens sy reise het hy materiaal vir sy boeke versamel. Later het hy sy eie uitgewery begin.[2]

Oor sy loopbaan het hy 29 boeke geskryf en meer as 2000 boekies, pamflette, koerant- en tydskrifartikels gelewer, en selfs reisvideo's vervaardig. Hy het oor Afrika se grootwildjagters geskryf (hoewel hy nie self gejag het nie), sowel as oor sy Suid-Afrikaanse reise en die geskiedenis.[3]

Bulpin is in 1999 in Kaapstad aan kanker oorlede. Hy was 81 jaar oud.

Geselekteerde werke

wysig
  • Discovering Southern Africa, 1980
  • East Africa and the Islands, 1956
  • Illustrated Guide to Southern Africa, 1980
  • Islands in a Forgotten Sea, 1959
  • Lost Trails on the Low Veld, 1950
  • Lost Trails of the Transvaal, 1956
  • Natal and the Zulu Country, 1966
  • Shaka's Country: A Book of Zululand, 1952
  • The Golden Republic, 1954
  • The Great Trek, 1968
  • The Hunter is Death, 1962
  • The Ivory Trail, 1954
  • The White Whirlwind, 1961
  • Tickey: The Story of Eric Hoyland, 1976
  • To the Banks of the Zambezi, 1965
  • To the Shores of Natal, 1953
  • Trail of the Copper King, 1959
  • Storm over the Transvaal, 1955
  • Southern Africa: Land of Beauty and Splendor, 1977
  • Scenic Wonders of Southern Africa, 1985
  • Tavern of the Seas: The Story Of Cape Town, Robben Island And The Cape Peninsular, 2003 (postuum gepubliseer)

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. T. V. Bulpin, Shakaria Connection, besoek op 13 Maart 2017
  3. T.V. Bulpin, Jonathan Ball Publikasies