Die Tipe IX duikboot was 'n klas duikboot wat die Duitse Vloot ontwerp en gebruik het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie klas was ontwerp in 1935-36 met die doel om oor die oseane te vaar en Amerikaanse gebiedswater te bereik. Hulle het 'n togafstand van 19,313 km gehad. Die duikbote het 23 torpedo's gedra wat hulle formidabele slaankrag gegee het. Die tweede subklas IXB was die mees suksesvolste klas in Duitse U-boot geskiedenis. Hulle het 252 skepe met 'n tonnemaat van 1,551,006 ton gekelder. Die U-123, 'n IX boot, het in Desember 1942 deelgeneem aan Operasie Drumbeat waarin vyf duikbote nege skepe gekelder het langs die ooskus van Amerika. Die duikbote het vir 'n maand in die gebied gebly en brandstof ontvang van 'n tenker duikboot naby die kus van Bermuda.

Tegniese besonderhedeWysig

Besonderhede van die tipe IX duikboot:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 1,034 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 1,018 metrieke ton
Lengte 76,50m
Breedte 6,70 m
Aandrywing (oppervlak) 3,281 kW diesel
Aandrywing (onderwater) 745,7 kW elektries
Spoed (oppervlak) 18,5 knope
Spoed (onderwater) 7.5 knope
Bemanning 48 - 56 persone
Wapens 6 x 533 mm torpedo buise

22 torpedos of 44 seemyne
10,5 cm kanon op dek

BronWysig

  • THE ILLUSTRATED ENCYCLOPEDIA OF DESTROYERS FRIGATES & SUBMARINES, Bernard Ireland and John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2