Tomojoeki Jamasjita
Tomojoeki Jamasjita (Japannees: 山下 奉文, Yamashita Tomoyuki; Otoyo, 8 November 1885 – Manila, 23 Februarie 1946) was 'n generaal van die Japanse Keiserlike Leër tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy is veral bekend vir die verowering van die Britse kolonies van Maleisië en Singapoer, wat hom die bynaam "Tier van Maleisië" besorg het. Vroeër was hy by die Marco Polobrug-insident betrokke, wat tot die Tweede Chinees-Japannese Oorlog aanleiding gegee het.
Tomojoeki Jamasjita | |
---|---|
Jamasjita in 1941 | |
Geboortenaam | 山下 奉文 |
Bynaam(e) | Tier van Maleisië |
Geboortedatum | 8 November 1885 |
Geboorteplek | Otoyo, Japan |
Sterfdatum | 23 Februarie 1946 (op 60) |
Sterfplek | Manila, Filipyne |
Lojaliteit | Japan |
Diens/Tak | Japanse Keiserlike Leër |
Jare in diens | 1905-1945 |
Rang | Generaal |
Poste beklee | 25de Leër 1ste Gebiedsweermag 14de Gebiedsweermag |
Veldslae/oorloë | Tweede Chinees-Japannese Oorlog Tweede Wêreldoorlog |
Toekennings | Orde van die Goue Vlieër Orde van die Opkomende Son |
Singapoer is deur swaar kusbatterye verdedig, maar Jamasjita val die stad, anders as wat die Engelse verwag het, vanuit die oerwoud aan. Na sy nederlaag tydens die Slag om Manila veg hy tot die laaste dag van die oorlog. Hy het geweier om selfmoord (seppuku) te pleeg en gee homself op 2 September 1945 aan die Geallieerdes oor. Hy gemotiveer sy besluit met die woorde: "As ek selfmoord pleeg, moet iemand anders hierdie skande dra".[1]
Hy is op 23 Februarie 1946 in die Los Banos-prisonierskamp in Manila vir oorlogsmisdade gehang.
Verwysings
wysig- ↑ Historynet.com, geraadpleeg op 3 Januarie 2012