Toyota Land Cruiser
Die Toyota Land Cruiser (Japannees: トヨタランドクルーザー Toyota Rando-kurūzā) is 'n reeks van viertrekvoertuie wat sedert 1951 deur die Japannese motorvervaardiger Toyota geproduseer en bemark word. Dit is Toyota se oudste reeks.[1] Produksie van die eerste geslag Land Cruiser het in 1951 begin (met slegs 90 eenhede) as Toyota se weergawe van 'n Jeep-tipe voertuig.[2][3] Die Land Cruiser is in omskepbare-, hardekap-, stasiewa-, en nutsvragmotorweergawes geproduseer.
2007 Toyota Land Cruiser (J200) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Toyota |
Produksie | 2006–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Viertrekveldvoertuig |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 4461 cc V8 turbodiesel |
Drywing | 173 kW @3200 opm |
Drywing tot massa | 63.14 kW/ton |
Wringkrag | 615 Nm @ 1800-8300 opm |
Ratkas | Sesgang outomaties, AWD |
Wiele | 18-duim allooi |
Bande | 285/60 R18 |
Brandstoftenk | 93 liter |
Versnelling | 0-100 km/h: 8.9 s |
Topspoed | 210 km/h |
Prys | R1 141 700 (Suid-Afrika, Desember 2015) |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | 1955–1960 |
Montering | Toyota City, Japan (ARACO) São Bernardo, Brasilië (Toyota do Brasil) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 2-deur sagtekap 2-deur hardekap 2-deur bakkie 5-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.4 L Toyota Tipe B enjin I6 3.9 L Toyota F enjin I6 |
Asafstand | 2285 mm / 2430 mm / 2650 mm |
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Toyota Bandeirante (Brasilië) Toyota Macho (Venezuela) |
Produksie | 1960–1984 |
Montering | Toyota City, Japan (ARACO) São Bernardo, Brasilië (Toyota do Brasil) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 2-deur sagtekap 2-deur hardekap 2-deur bakkie 4-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf / vierwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.9 L Toyota F I6 enjin 4.2 L Toyota F I6 enjin 3.0 L Toyota B dieselenjin I4[4] 3.2 L Toyota 2B I4 dieselenjin 3.4 L Toyota 3B dieselenjin I4 3.6 L Toyota H I6 dieselenjin[4] 4.0 L Toyota 2H I6 dieselenjin |
Ratkas | 3- of 4-gang handrat (lg. vanaf 1974) |
Lengte | 3840 mm |
Breedte | 1666 mm |
Hoogte | 2000 mm |
Asafstand | 2285 mm / 2430 mm / 2650 mm / 2950 mm |
Die Land Cruiser se betroubaarheid en lang lewe het tot sy groot gewildheid gelei, veral in Australië waar dit die besverkoper bak-op-raam vierwieldryfvoertuig is.[5] Toyota het die Land Cruiser ook omvattend getoets in die Australiese Outback - beskou om een van die moeilikste bedryfsomgewings te wees, beide weens uiterste temperature en geharde omgewing.[6][7][8] Die Land Cruiser se teenstanders sluit die Range Rover, Land Rover Discovery, Jeep Wrangler, Mitsubishi Pajero en Nissan Patrol in. Sedert 2014 is die Toyota Land Cruiser J200 op wêreldwye markte beskikbaar, behalwe Kanada, Noord- en Suid-Korea.
-
Toyota Land Cruiser J40 soos dit ook in Suid-Afrika gewild was (1960-1984)
-
BJ4 FRP-top 3.4D-T LX (Japan)
-
HZJ75LV Troepedraer 4.2D
-
HZJ79R "Cab-chassis" 4.2D
-
RFS Personeeldraer
Verwysings
wysig- ↑ "Vehicle Heritage — Land Cruiser" (in Engels). Toyota Motor Corporation global website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2018. Besoek op 13 Maart 2012.
- ↑ "Model BJ – Built From Good Materials – 1951–1955". Toyota Land Cruiser Data Library (in Engels). Toyota. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2014. Besoek op 23 Junie 2013.
- ↑ "Worldwide Annual Production". Toyota Land Cruiser Data Library (in Engels). Toyota. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2015. Besoek op 23 Junie 2013.
- ↑ 4,0 4,1 "Toyota Vehicle Identification Manual", Toyota Motor Corporation, Overseas Parts Department, Catalog No.97913-84, 1984, Japan
- ↑ "Autoweb Australia" (in Engels). Autoweb.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2016. Besoek op 30 Oktober 2010.
- ↑ "SPY PHOTOS: More of New Toyota Land Cruiser" (in Engels). Worldcarfans.com. 13 Februarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2015. Besoek op 16 Januarie 2010.
- ↑ GoAutoMedia (5 April 2008). "Lexus LX LX570 5-dr wagon — First drive: LX570 is the lap of Lexus SUV luxury" (in Engels). GoAuto. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2017. Besoek op 16 Januarie 2010.
- ↑ "Toyota 200 Series LandCruiser". Drive.com.au. 11 Januarie 2008. Besoek op 16 Januarie 2010.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |