Tupí-tale
Die Tupí-tale bevat sowat 70 tale wat in Suid-Amerika gebesig word en aan die inheemse tale van die Amerikas behoort. Die Tupí-taal en Guaraní is waarskynlik van die bekendste Tupí-tale.
Tupí-tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suid-Amerika |
Genetiese klassifikasie: |
Amerikaans Tupí-tale |
Onderafdelings: |
Arikem
Awetï
Mawé
Mondé
Mundurukú
Puruborá-Ramarama
Tuparí
Yurúna
|
Verspreiding van Tupí-tale in Suid-Amerika |
Die Tupí-tale is een van die mees verspreide inheemse taalfamilies in die laagland van die oostelike Suid-Amerika. Van die tale word in groot dele van Brasilië, Paraguay, die oostelike Bolivië, Frans-Guyana, dele van die noordelike Argentinië, asook in perifere gebiede van die noordoostelike Peru en die suidoostelike Colombia gebesig. Die Tupí-tale word deur etlike miljoen mense gebesig, alhoewel die verspreiding van enkele take en tale ongelyk is. Die verreweg belangrikste tak van die Tupí-tale is die Tupí-Guaraní-tale. Guaraní, wat aan dié tak behoort, word deur meer as vier miljoen mense in Paraguay gebesig, terwyl al die oorblywende tale altesaam net minder as 200 000 sprekers het en van die tale ernstig bedreig is.
Verdere leesstof
wysig- (es) Rodrigues, Aryon Dall'Igna (2007). As consoantes do Proto-Tupí. pp. 167–203.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - (en) Ana Vilacy Galucio. Genealogical relations and lexical distances within the Tupian linguistic family. pp. 229–274. doi:10.1590/1981-81222015000200004.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - (en) Ferraz Gerardi, F., Reichert, S., Blaschke, V., DeMattos, E., Gao, Z., Manolescu, M., en Wu, N. (2020). Tupían lexical database. Tübingen: Eberhard-Karls Universiteit. doi:10.6084/m9.figshare.12283868.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tupí-tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tupian". Ethnologue. Besoek op 20 Augustus 2020.
- (en) "Tupian languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Augustus 2020.