Tweede Chinees-Japannese Oorlog
Die Tweede Chinees-Japannese Oorlog (7 Julie 1937 tot 9 September 1945) was 'n oorlog tussen die Republiek China en die Japannese Keiserryk, beide voor én tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Tweede Chinees-Japannese Oorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Pasifiese Oorlog van die Tweede Wêreldoorlog (vanaf 1941) | |||||||||
Japannese troepe marsjeer Shenyang binne tydens die Mukden-insident. | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Republiek China met buitelandse ondersteuning
|
Japan met medewerker- ondersteuning
| ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Tsjiang Kai-sjek Chen Cheng |
Hirohito Shunroku Hata | ||||||||
Sterkte | |||||||||
5 600 000 Chinese 3 600 Sowjets (1937–40) 900 Amerikaanse vliegtuie (1942–45)[1] |
4 100 000 Japannese[2] 900 000 Chinese medewerkers[3] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
Nasionaliste: 1 320 000 gesneuweldes, 1 797 000 gewond, 120 000 vermis en 17 000 000–22 000 000 gesneuwelde siviele[4] Kommuniste: 500 000 gesneuweld en gewond. |
Japannese skatting—insluitend 480 000 totale gesneuwelde 1937–1941: 185 647 gesneuwel, 520 000 gewond en 430 000 siek; 1941–1945: 202 958 gesneuwel; ander 54 000 sterf na die einde van die oorlog.[5] Kontemporêre VRS-studie: 1 055 000 dood 1 172 200 beseer Totaal: 2 227 200[6] Nasionaal-Chinese skatting—1,77 miljoen gesneuweldes, 1,9 miljoen gewond[7] |
Alhoewel die twee lande reeds sedert 1931 elke nou en dan militêr gebots het, het 'n volskaalse oorlog in 1937 begin en is eers met die oorgawe van Japan in 1945 beëindig. Die oorlog was die gevolg van 'n dekade-lange Japannese imperialistiese beleid wat ten doel gehad het om China beide op politieke en militêre vlak te domineer, asook om toegang tot die land se enorme grondstofbronne en ander bronne te bekom. Terselfdertyd het die groeiende Chinese nasionalisme en idees oor selfbeskikking dié versettingsoorlog onvermydelik gemaak.
Voor 1937 het die twee kante in klein, plaaslike gevegte betrokke geraak, waarna verwys word as "insidente": vir 'n verskeidenheid redes het beide nasies hulself daarvan weerhou om 'n volskaalse oorlog te verklaar. Die 1931 inval van Mantsjoerye deur Japan staan bekend as die "Mukden-" of "Mantsjoerye-insident". Die laaste van hierdie "insidente" was die Marco Polo-brug-insident van 1937, wat die begin van 'n volskaalse oorlog tussen die twee lande ingelei het.
China het van 1937 tot 1941 alleen teen Japan geveg, maar na die aanval op Pearl Harbor het die Tweede Chinees-Japannese Oorlog met die groter konflik van die Tweede Wêreldoorlog saamgesmelt.
Verwysings
wysig- ↑ Taylor, Jay, The Generalissimo, bl. 645.
- ↑ Chung Wu Taipei "History of the Sino-Japanese war (1937–1945)" 1972 bl. 535
- ↑ Jowett, Phillip, Rays of the Rising Sun, bl. 72.
- ↑ Clodfelter, Michael "Warfare and Armed Conflicts: A Statistical Reference", Vol. 2, bl. 956.
- ↑ Dower, John "War Without Mercy", bl. 297.
- ↑ Liu Feng, (2007). "血祭太阳旗: 百万侵华日军亡命实录". Central Compilation and Translation Press. ISBN 978-7-80109-030-0.
- ↑ Chung Wu Taipei "History of the Sino-Japanese war (1937–1945)" 1972 bl. 565
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tweede Chinees-Japannese Oorlog.