Tylecodon bayeri

Plantspesie

Tylecodon bayeri is 'n plant wat hoort tot die familie Crassulaceae. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap en is deel van die Sukkulente Karoo. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 424 km² en kom in die Richtersveld tussen Eksteenfontein en Steinkopf voor waar daar vyf subpopulasies is. Die plant word bedreig deur oorbeweiding.

Tylecodon bayeri
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Saxifragales
Familie: Crassulaceae
Genus: Tylecodon
Spesie:
T. bayeri
Binomiale naam
Tylecodon bayeri
van Jaarsv., (1988)
Sinonieme
  • Tylecodon mallei G.Will.

Bronne

wysig