USS Randolph (CV-15)
Vaartuig klas | Ticonderoga-class aircraft carrier, Essex-klas vliegdekskepe |
---|---|
Amptelike naam | USS Randolph |
Inheemse etiket | USS Randolph (CV/CVA/CVS-15) |
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Vernoem na | Peyton Randolph |
Belangrike gebeurtenis | ship launching, keel laying |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | Newport News Shipbuilding |
Ligging van vervaardiging | Newport News |
Openingsdatum | 28 Junie 1944 |
Vlagstaat | Verenigde State |
Teken nommer | CV-15 |
Die USS Randolph (CV/CVA/CVS-15) is een van 24 Essex-klas vliegdekskepe wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog vir die Amerikaanse Vloot gebou is. Dit is die tweede skip van die Amerikaanse Vloot wat die naam gedra het; dit is vernoem na Peyton Randolph, president van die Eerste Kontinentale Kongres.[1] Die Randolph is in diens gestel in Oktober 1944 en het aan verskeie offensiewe in die Stille Oseaan deelgeneem. Daar is drie Battle Stars aan die skip toegeken. Die skip is net na die afloop van die oorlog uit diens onttrek. Dit is daarna gemoderniseer en in diens gestel in die vroeë 1950's as 'n aanvalsvliegdekskip (CVA), en weer later as 'n teenduikbootvliegdekskip (CVS) herklassifiseer.
Tydens die skip se tweede loopbaan het dit slegs in die Atlantiese Oseaan, die Middellandse See en die Karibiese See diens gedoen. Vroeg in die 1960's is die skip gebruik om ruimtetuie van die Mercury-program te herwin, insluitende John Glenn se historiese vlug. Die Randolph is finaal uit diens onttrek in 1969 en as skroot verkoop in 1975.
Verwysings
wysig- ↑ "Randolph II (CV-15)". history.navy.mil. 16 September 2005. Besoek op 1 April 2022.