USS Seawolf (SSN-575)
Die USS Seawolf was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot. Dit was die tweede kernaangedrewe duikboot ooit en die ontwerp was geskoei op dié van die USS Nautilus. Een wesenlike verskil was dat die duikboot bewapen was. Sy kiel is gelê op 7 September 1953 en is in diens gestel in Maart 1957. Die duikboot is uniek omrede die reaktor verkoel was deur vloeibare natrium. Dit het voordele sowel as nadele gehad.
Seawolf (SSN-575) verlaat San Francisco-baai in Augustus 1977. | |
Naam | USS Seawolf (SSN-575) |
---|---|
Klas en tipe | Unieke duikboot |
Besteldatum | 21 Julie 1952 |
Bouers | General Dynamics Electric Boat, Groton, Connecticut |
Gebruik deur | Amerikaanse Vloot |
Datum neergelê | 7 September 1953 |
Tewaterlating | 21 Julie 1955 |
In diens gestel | 30 Maart 1957 |
Onttrek | 30 Maart 1987 |
Lot | Herwinningsprogram, voltooi 30 September 1997 |
Verplasing | 3 209 ton (oppervlak) 4045 ton (onderwater) |
Lengte | 103 m |
Wydte | 8,5 m |
Diepgang | 7,0 m |
Spoed | 23 kn (43 km/h) oppervlak 19 kn (35 km/h) onderwater |
Bemanning | 101 offisiere en matrose |
Die duikboot het veral bekend geword nadat dit op 7 Augustus 1958 geduik het en eers weer na die oppervlak gekom het op 6 Oktober 1958. Die duikboot was dus vir twee maande onderwater en het in dié tyd 13 780 seemyl afgelê. Dit het aan die wêreld die werklike vermoë van 'n ware duikboot gedemonstreer.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 3 209 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 4 045 metrieke ton |
Aandrywing (op- en onderwater) | Westinghouse SG2 vloeibare natrium kernreaktor |
Spoed (oppervlak) | 23,0 knope |
Spoed (onderwater) | 19,0 knope |
Wapens | 6 × 21 duim (530 mm) torpedobuise 8 torpedo's |
Bron
wysig- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2