Ulrum
Ulrum (Gronings: Ollerom) is ’n dorp in die munisipaliteit Het Hogeland in die provinsie Groningen in Nederland. Tot 1990 het Ulrum sy eie munisipaliteit gehad.
Ulrum | |
---|---|
Dorp | |
Die kerk van Ulrum, 13de eeu | |
Koördinate: 53°21′32″N 6°19′59″O / 53.35889°N 6.33306°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Groningen |
Munisipaliteit | Het Hogeland |
Bevolking | |
• Totaal | 1 490 |
Die Afskeiding
wysigUlrum is die dorp waar Hendrik de Cock in 1834 sy gemeente van die Nederlands Hervormde Kerk afgeskei het. Dit was die begin van die Gereformeerde kerk in Nederland. Presies 25 jaar later het 'n soortgelyke afskeiding op Rustenburg in Suid-Afrika plaasgevind en het die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ontstaan.