Yushui
(Aangestuur vanaf Usui)
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Lengtegraad | Termyn | Datum |
---|---|---|
Lente | ||
315° | Lichun | 4-5 Februarie |
330° | Yushui | 18-19 Februarie |
345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
0° | Chunfen | 20-21 Maart |
15° | Qingming | 4-5 April |
30° | Guyu | 20-21 April |
Somer | ||
45° | Lixia | 5-6 Mei |
60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
120° | Dashu | 22-23 Julie |
Herfs | ||
135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
150° | Chushu | 23-24 Augustus |
165° | Bailu | 7-8 September |
180° | Qiufen | 23-24 September |
195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
Winter | ||
225° | Lidong | 7-8 November |
240° | Xiaoxue | 22-23 November |
255° | Daxue | 7-8 Desember |
270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Yushui (Chinees: 雨水, pinyin: yǔ shuǐ) of usui (Japannees:雨水) is die tweede sontermyn en die tyd wanneer die sneeu begin smelt. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 330° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 345° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op lengtegraad 330° is. Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 18 Februarie (19 Februarie volgens Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 5 Maart.
Pentades
wysigElke sontermyn word in drie pentades verdeel. In China is die pentades van yushui:
- Eerste pentade: Otters offer vis (獺祭魚). Otters vang vis wat stroomop swem en daar word geglo hulle offer die vis aan die hemel.
- Tweede pentade: Die wildeganse arriveer (鴻雁來).
- Laaste pentade: Bome en gras stoot hul lote uit (草木萌動).
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verwysings
wysig- ↑ "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 21 Maart 2016.
Vorige termyn ← Lichun (立春) |
Yushui (雨水) | Volgende termyn Jingzhe (驚蟄) → |