Vaalkameeldoring

Die vaalkameeldoring (Vachellia haematoxylon) is 'n klein boompie wat soms nie groter as 'n struik word nie en kom in die Noord-Kaap en Noordwes voor; veral in die woestyn en halfwoestyn gebiede waar die grond diep, rooi en sanderig is. Die boom is ook inheems in Botswana en Namibië.

Vaalkameeldoring
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Klade: Mimosoideae
Genus: Vachellia
Spesie:
V. haematoxylon
Binomiale naam
Vachellia haematoxylon
(Willd.) Seigler & Ebinger, (2010)
Sinonieme
  • Acacia atomiphylla Burch.
  • Acacia haematoxylon Willd.
  • Mimosa haematoxylon (Willd.) Poir.

Identifikasie

wysig

Die blare, die takkies wat sigsag is en die peule is bedek met fyn, grys hare. Dit gee die boom 'n sagte grys voorkoms. Die dorings (6 cm) is reguit en dun. Die blomme word in klein geel hofies gedra. Die peule is krom en word tot 14 cm lank.

Die boom se FSA-nommer is 169.[1]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig