Vaalmol

(Aangestuur vanaf Vaaltandmol)

Die vaalmol (Cryptomys hottentotus) is 'n mol wat in die hele Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en noord-oostelike Namibië voorkom. Die mol staan ook bekend as die vaaltandmol of knaagdiermol.

Vaalmol
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. hottentotus
Binomiale naam
Cryptomys hottentotus
(Lesson, 1826)

Voorkoms

wysig

Die knaagdier se kleur wissel van liggrys tot donkergrys met 'n wit bles op die voorkop. Die dier word tot 15 cm lank en weeg 100 tot 150 g.

Habitat en gewoontes

wysig

Hulle verkies sanderige grond en ook ander grond, buiten klei. Die diertjie lewe in groepies in ondergrondse gate en hope uitgestote grond verklap hul teenwoordigheid. Daar word tot 5 kleintjies enige tyd in die jaar bore. Hulle eet bolle, wortels, lote en ondergrondse graslote.

Sien ook

wysig

Eksterne skakels

wysig