Vaasplant
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die vaasplant of Aechmea fasciata is ’n soort blomplant in die pynappelfamilie Bromeliaceae en is endemies aan Brasilië. Dié plant is seker die bekendste voorbeeld van die genus en word dikwels as ’n huisplant geplant.
Vaasplant | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. fasciata
|
Binomiale naam | |
Aechmea fasciata (Lindl.) Baker 1879
|
Eienskappe
wysigDie vaasplant groei stadig en word 30-90 cm hoog en 60 cm breed. Dit het ovaalvormige blare van 45-90 cm lank wat in ’n rosetpatroon gerangskik is.[1] In die middel van die roset is die bloeias, waaraan die werklike blomme gedra word, gewoonlik in die somer.[2]
A. fasciata het gedeeltelike skadu en goed gedreineerde maar waterhoudende grond nodig, en dit moet taamlik nat gehou word. Dit kan ook as ’n lugplant gegroei word, byvoorbeeld met mos om die wortels en vasgemaak aan ’n growwe stuk bas. Uitloopsels kan uitgeplant word nadat die oorspronklike plant dood is.
Probleme
wysigWortelskimmel kan ’n probleem wees as die grond te nat is.[1] Plantluise en muskiete broei soms in die water wat tussen die blare vasgevang is.[1]
A. fasciata word in die FDA se Giftige Plantdatabasis aangegee as irriterend vir die vel en kan ’n allergie veroorsaak.[3]
Kultivars
wysig
|
|
|
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Gilman, Edward F. (Oktober 1999). Aechmea fasciata (Report). University of Florida Cooperative Extension Service. http://hort.ufl.edu/shrubs/AECFASA.PDF. Besoek op 2009-11-09.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
- ↑ "FDA Poisonous Plant Database". U.S. Food and Drug Administration (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 21 Julie 2014.
- Bromeliaceae Da Mata Atlântica Brasileira Geargiveer 6 Julie 2011 op Wayback Machine URL besoek op 22 Oktober 2009
- BSI Cultivar Registry Geargiveer 2 Desember 2009 op Wayback Machine URL besoek op 11 Oktober 2009
Eksterne skakels
wysig- "Aechmea fasciata (Lindl.) Baker urnplant". PLANTS Profile. USDA Natural Resources Conservation Service. Besoek op 26 Oktober 2012.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vaasplant.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia