Verlatespinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die verlatespinnekopbos (Serruria scoparia) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Riebeeck-Oos tot die Paarl voor. Die struik is klein met kruipende stammetjies en word slegs 40 cm hoog en blom van Augustus tot Oktober.

Verlatespinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. scoparia
Binomiale naam
Serruria scoparia
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Protea scoparia (R.Br.) Poir.
  • Serruria callosa Knight

Die plant se wortels kan weer uitspruit na 'n brand. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 100 m.

In Engels staan dit as die Forlorn spiderhead bekend.

Hierdie spesie was as uitgesterf beskou nadat dit laas in 1810 gesien is, maar in September 2001 is die plant weer opgemerk.

Bronnelys

wysig